Republiek van die Klein Vrystaat 1886 – 1891

Opsomming:

Bestaanstydperk:        1886 tot 1891

Ligging:                      Gebied tussen Piet Retief en Swaziland

Grootte:                      15 000 morg en sowat 50 plase.  Geen dorp in die Klein-Vrystaat – Piet Retief die naaste sowat 20 Km.

Regering:                    Plaas Vaalkop die setel van die regering wat bestaan uit ’n driemanskap nl. J J Bezuidenhout, W A du Plessis en A E L Botha.

Geraamde bevolking: 260-280

Populêre vanne:          Potgieter (11), Bezuidenhoud (6), Meij (5) en Labuschagne (4).

Ander vanne:              Joubert, Botha, Jordaan, Davel, Olmesdahl, Mangold, Breid, Freeman, Schwab, Schenkel, Kielstein onder andere.

Eerste inwoners:         FI Maritz en seuns – vestig hulle op Strydkraal in 1871, Ferreira’s op Roburnia en Meij’s op Koppie Alleen.

Koopprys van grond:  ₤450 – gekoop van Swazi opperhoof, Umbandenie.

Redes vir die stigting van die Republiek van die Klein-Vrystaat:

  • Ontevredenheid met Pres Burgers se bestuur van die Zuid-Afrikaansche Republiek.
  • Gisting rondom Britse anneksasie van die Republiek.
  • Zoeloe opstandigheid (bondgenootskap met Swazi’s).
  • Trekgees van die Boere om beter weivelde te vind.

Regering:

Op 10 Maart 1886 word ’n vergadering gehou op die plaas Vaalkop en ’n driemanskap (’n komitee) word verkies vir ’n tydperk van 3 jaar om aan die hoof van sake te staan in die Klein-Vrystaat.  Hulle was JJ Bezuidenhoud, WA du Plessis en AEL Botha.  JJ Bezuidenhoud was gekies as voorsitter en het ook soms as President bekend gestaan.  Hulle was bygestaan deur veldkornette.  Aangesien daar geen dorp in die gebied was nie het alle beheer plaasgevind vanaf Bezuidenhoud se plaas, Vaalkop.

By bogenoemde veragdering is ook ’n reeks van 31 artikels opgestel en staan bekend as “Instuctie voor het Committee” en kan beskou word as die eerste grondwet van die Klein-Vrystaat.

Daar was geen kerk of predikant in die Klein-Vrystaat nie.  Predikante van Wakkerstroom en Utrecht en later Piet Retief het kerkdienste op plase gehou.  Slegs die kerk was gemagtig om huwelike te bevestig maar in sommige gevalle kon landdroste dit doen in gebiede waar daar nie predikante was nie.  In die Klein-Vrystaat het die “Instructie” die komitee gemagtig om huwelike te kan bevestig.  Volgens geskrifte is die eerste huwelik eers in 1889 bevestig.  Volgens rekords is ’n totaal van ses huwelike bevestig.

Gedurende die bestaan van die gebied het heelwat aktiwiteite plaasgevind op regsgebied.  Sake het gewissel van diefstal tot kontrakbreuk.  Die vernaamste hiervan was die moord op Mevrou Scwab.  Dit het gelei dat JH Hofman, die beskuldigde, voëlvry verklaar was in die Klein-Vrystaat.  Volgens oorlewing is Hofman met ’n skotskar na die grens geneem en letterlik uit die gebied gesmyt.

Einde van die Klein-Vrystaat:

Op 10 April 1891 is die Klein-Vrystaat formeel deur Kommandant-generaal PJ Joubert van die ZAR oorgeneem en die administrasie van die gebied  is onder die landdros van Piet Retief geplaas.

Bronne:                       Republiek van die Klein-Vrystaat; C L Engelbrecht; Afrikanervolkswag, Orania; 2000.

Transvaalse Terugblikke; Albert Kuit;  J L van Schaik, Pretoria; 1945.

 

Thanks to Rudi Oosthuizen for this interesting piece of history

vrystaat shield